Manie (34) en Meraai (72) van der Merwe van Waterkloof het onlangs 'n
vakansie in Ryekjavik deurgebring en in 'n gesprek met van die plaaslike
inwoners van die stad betrokke geraak waarin hulle die kulturele en
intelektuele herlewing in die afrikaanse kultuur besing het. "Hulle was
baie nuuskierig om te hoor hoe klink ons Suid Afrikaanse musiek", het
Manie ons meegedeel. "Natuurlik is my i-pod altyd tjok en blok vol
afrikaanse musiek en ek besluit toe om vir hulle 'n voorsmakie te gee van
hoe ons musiek klink." Aangesien "Skarumba" sekerlik as die belangrikste
kulturele baanbreker van die afgelope paar jaar beskou word besluit Manie
en Meraai toe om dit vir die mense daar te speel. Dis met die eerste
refrein waar tannie Juanita sing "Ahadi hooi Skarumba" waar die moeilikheid
begin het. Die ganse kroeg was ewe skielik dooodstil en soos die laaste
"tiettie ooi ooi" die luidsprekers verlaat begin die hele kroeg uitbars van
die lag. Natuurlik het al die Yslanders gedink dat dit baie snaaks is dat
mense in sonnige Afrika sing oor geslagsomgang met pikkewyne maar Manie en
Meraai kon ongelukkig glad nie die bohaai verstaan nie en Manie en Maraai
het maar net gedink dat die mense in Ysland is "aan boggerol gewoond".

Skaars 2 weke later kry Juanita se platemaatskappy 'n versoek van talle
platewinkels in Ysland wat navrae doen oor waar hulle die CD met die
liedjie "Skarumba" op kan koop. Dit blyk asof die liedjie gou 'n
ondergrondse treffer onder die Ysland se kroeg subkultuur geword het. Kort
daarna het die regering besluit om die liedjie te verban maar nie omdat dit
seksueel eksplisiet is of gekruide taal bevat nie. "We banned the song
because it is demeaning to penquins" het die Yslandse premier Mnr.
Sigurosbjorg aan ons verduidelik.

Ons het Juanita via die Huisgenoot website gevra of sy enige kommentaar het
oor die hele petalje en sy het die volgende te sê gehad: "Dis die vreemdste
voorval in my hele loopbaan sedert 'Ouma Tossie' se boodskap* op my webwerf
se gasteboek"

Dit is egter nie die eerste keer wat 'n Afrikaanse treffer kontroversie
veroorsaak in die buiteland nie. In London het 'n groep onstoke arabiere
onlangs 'n afrikaanse kroeg binne gestorm toe hulle Guliame se treffer "Da
Idi" gehoor het. Volgens hulle beteken die refrein van "Da Idi" die
volgende in Arabiers: "Daar is kameelkak op jou fez".


* Ouma Tossie se boodskap op Juanita se webwerf se gasteboek lees: "jy sing
so moooi my kint ouma kan nie genoeg krei nie. as jy sing dan haal ek
sommer my fals tanne yt en flyt saam"


(431 words)

Back to Pictures

Cool stuff on friend sites

Sponsored

Comments

No comments - be the first to post a comment.

Login or Register to post comments.


Next in line
You are here


Sponsored


Related Media



Sponsors

Related Information
Submitted: 4 years ago
Contributed: WN
Tags: ysland   verban   skarumba   afrikaans  
Viewers: 1
Problem? Report it

Share


0 Grins
0 Growls



View this post on your mobile




So HOT right now ...
PG13 How to Offend just about everyone... viewed by 14 visitors
Sexy Beach Bum? viewed by 11 visitors
Power of the ocean ... viewed by 11 visitors
Priceless Observations viewed by 9 visitors
I'M SENDING YOU SOME SPRING viewed by 7 visitors
Catch the moment!!! viewed by 6 visitors
How a bowl should be licked… viewed by 5 visitors





September's Top Growlers

Copyright © 2010 Adult Jokes. All rights reserved.
2005 - 2010

Other sites in our network: emailjokes.co.za |  jokes24.co.za | adultjokes.co.za | emailjokez.com

NOTICE: All content is posted by users of this site and the owner does not accept any liability relating to the copyright thereof.
To have content removed or accredited with your link, please contact our content administrator