Die ou verkoop stofsuiers maar sy besigheid maak nie baie geld nie.
En hy besluit hy moet kyk of hy dit op 'n ander plek ook kan verkoop kry.

Hy pak toe sy Cressida stasiewa vol stofsuiers en sê vir een van sy agente
hy moet kyk of hy dit op die platteland verkoop kan kry.

Die ou is toe daar weg en die eerste dorpie wat hy kry is toe Pofadder.

Hy klop aan die eerste deur en 'n ou tannie maak die deur oop. Die agent sê:
"Tannie ek wil jou graag iets wys".

Die tannie nooi hom toe in en sê: "Kom in en sit maar hier in die sitkamer
terwyl ek vir ons gaan koffie maak" en sy stap kombuis toe.

Die agent is toe daar in die sitkamer in met die boks met die stofsuier en
begin om die stofsuier uit te pak en aanmekaar te sit toe daar ewe skielik
'n klein hondjie ingehardloop kom en op die sitkamer mat skeit.

Die ou kry so smile op sy gesig en dink by homself vandag verkoop ek die een
defnitief. Toe die tannie met die koffie kom sê die agent:

"Tannie, kyk wat het daai hondjie gedoen" en hy wys na die plek toe en sê
verder:

"Antie maar moet jy nie worry nie, as die stofsuier dit nie heeltemal skoon
maak nie eet ek dit persoonlik".

Die tannie sit die skinkbord met die koffie neer en vat een lepeltjie suiker
en strooi dit oor die hopie wat die hondjie gelos het.

Die agent kyk haar so verbaas aan en vra "Tannie nou hoekom gooi jy suiker
op die stront".

Die tannie sê "Boetman dit behoort nou 'n bietjie beter te smaak, jy kan
maar begin eet, ons het nie elektrisiteit op Pofadder nie."


(299 words)

Back to latest

Cool stuff on friend sites

Sponsored

Comments

No comments - be the first to post a comment.

Login or Register to post comments.


Next in line
You are here


Sponsored


Related Media



Sponsors

Related Information
Submitted: 4 years ago
Contributed: PB
Tags: worry   hoef   antie   afrikaans  
Viewers: 1
Problem? Report it

Share


0 Grins
0 Growls



View this post on your mobile




So HOT right now ...
idiot... viewed by 9 visitors
Sexy Beach Bum? viewed by 9 visitors
PG13 (De)Motivationals viewed by 5 visitors
The Funeral Speech viewed by 4 visitors
PG13N A Naked wedding ... viewed by 4 visitors






Copyright © 2010 Adult Jokes. All rights reserved.
2005 - 2010

Other sites in our network: emailjokes.co.za |  jokes24.co.za | adultjokes.co.za | emailjokez.com

NOTICE: All content is posted by users of this site and the owner does not accept any liability relating to the copyright thereof.
To have content removed or accredited with your link, please contact our content administrator